KRUISBOU

Tydens Lydenstyd is dit bykans sinoniem om jouself te vereenselwig met pyn, onregverdigheid, opstandigheid en dinge van die verlede - dinge wat jy nie wil of kan los nie! Kruisbou is 'n wonderlike oefening om jou hart uit te stort op jou eie, persoonlike kruis! Die heerlikheid van heelmaak en vrymaak – en dit op 'n onkonfensionele, kunstige manier.
Vir wie is dit bedoel? Vir een en elk, oud en jonk, mans en vroue.
Wanneer: Saterdag 16 Maart om 10:00 by die Kobus Hattingh-saal!
Kostes: R50 per persoon wat alles insluit (ook heerlike tee en koffie).
Wat benodig ons: Ons benodig kruise (groot genoeg om items daarop te plak/gemaak van enige soort materiaal).
Items wat ons op die kruise kan plak (scrapbooking items): skulpies, stokke, blomme, woorde (soos seer/eina/struggle/bloei/vergewe/verward/huil/skreeu/dood/familie/egskeiding/bankkrotskap/armoede/verlies) wat uit tydskrifte geskeur is of enigiets wat die realiteit van ons lewe verwoord.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023