Nagmaal - 17 Maart 2024


Ons nooi jou uit na Sondag se Nagmaal 09:30 in die kerkgebou.
Sondag sluit ons die 4 familie-wees reeks af met ons tema: Families vier fees!
Ons vier ook Nagmaal saam met VGK Friemersheim wat by ons aansluit vir die diens.
Ons verwelkom ook vir Reece Whitehead wat belydenis van geloof aflê.
Kom drink heerlike koffie saam met ons na afloop van die erediens (daar is nie 'n Nagmaalsete na die Nagmaal nie).
Woensdag sluit die skole en ons wens ons leerders en onderwysers 'n heerlike en welverdiende rustyd toe!


DEUROFFER: HUGENOTE KOLLEGE

Die Hugenote Kollege is die NG Kerk se eie universiteit wat as 'n privaat opleidingsinstansie studente vanuit die Christelike geloof en waardestelsel oplei vir maatskaplike- en kerklike dienswerk. Die gebeure rondom Covid-19 het net weer onderstreep hoe belangrik die kerk se maatskaplike werk en dienslewering is, en hoe noodsaaklik dit is om goed opgeleide persone te kan verskaf wat diens lewer in kinderhuise, ouetehuise en wat berading kan doen.
Die volgende kwalifikasies word aangebied: B-graad in Maatskaplike Werk, Beroepsertifikaat in Kinder- en Jeugsorgwerk, Nasionale Diploma in Vroeë Kindontwikkeling en Sertifikate in Maatskaplike Hulpwerk en Gemeenskapsonwikkeling.
Hugenote Kollege lei ook predikante en kerkplanters op. Ons lewer 'n groot bydrae om diensleraars vir die NG Kerk op te lei. Die Kollege bied ook ‘n verskeidenheid kortkursusse aan vir gemeentes en lidmate wat hulle kan help om hulle dienswerk in die Koninkryk van God nog beter te kan doen.
Rektor: prof. Nelus Niemandt
Webwerf: https:/hugenote.com


VOLGENDE SONDAG

Die deuroffer gaan vir Publieke Getuienis (Sinodaal).

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023