Paasbyeenkomste - 31 Maart 2024


Ons nooi jou uit na Paassondag se twee byeenkomste en om die oorwinning van Jesus oor die sonde en dood te vier:

  • Vroeë oggend gebed met sonopkoms 07:00 op Glentana se strand (afhangende van die weer)
  • Erediens om 09:30 in die kerk. Daar is geen koffie na afloop van die erediens nie.



DEUROFFER: JAN KRIEL INSTITUUT (KUILSRIVIER)

Jan Krielskool (sedert 1937) is die 3de oudste skool vir “kinders met spesiale onderwysbehoeftes”. Soos met die Dowes en Blindes (die eerste twee) het die NGK dit begin, ontwikkel en bestuur. Sedert 1998 (nuwe onderwyswet) is die NKG en haar lidmate se betrokkenheid beperk tot befondsing van verdienstelike kinders en projekte in die skool. Die “ekstra” dienste wat die staat en ouers nie kan gekostig of in stand hou nie, word deur gemeentes en individuele donateursvriende gedra. Dit beloop etlike miljoene per jaar, maar die resultate toon dat dit deur en deur die moeite werd is.
Jan Krielskool is byvoorbeeld:

  • Bekroon as die beste “spesiale” skool in Suid-Afrika
  • Bekroon met internasionale “blou plaak” status vir die bydra tot onderwys in SA
  • Die enigste spesiale skool waar leerders met gestremdhede matriek in Afrikans kan slaag
  • Uiters suksesvol – met 'n slaagsyfer van 96% van Gr R tot Matriek

Die “En-Gee” Kerk (smiley) kan dankbaar-trots wees op hierdie baken van die barmhartigheid van Jesus. Indien jy meer inligting verlang of 'n persoonlike donasie wil maak, kontak gerus die Jan Kriel Instituut.
https://jankriel.org.za


Volgende Sondag se deuroffer gaan vir die BADISA Sinodaal.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023