PELGRIMS VAN HOOP

3 Jaar gelede is daar begin met die PELGRIMSTOG VAN HOOP tussen Herold en Mosselbaai.
Outeniqualand gemeente is die 3de laaste "Brunch-stop" op die roete. Klink hierdie na 'n bediening waarby jy betrokke wil raak?
Wat dit behels is, as daar die oggend 'n groep verbykom, kos aangekoop word by die Spar, die tafel gedek moet word en dat jy saam met die pelgrims eet en as gasheer/gasvrou optree tydens hulle kort besoek. Ons het ‘n hele paar spanne wat mekaar afwissel. Aan die begin van die maand word die datums van die besoeke deurgegee en jy kan self kies watter datum vir jou sal pas indien enige. Dit is 'n baie bevredigende bediening waarin jou gasvryheid, vriendelikheid en betroubaarheid benodig word. Die groepe kan wissel van net 2 mense tot soveel as 8 of 10 mense.
Dit bied 'n geleentheid om saam met baie interessante mense te kuier en Outeniqualand se gasvryheid met hulle te deel. Indien jy voel dat dit 'n bediening is waarby jy wil inskakel, kontak asseblief vir Annemarie of vir Merinda by die kerkkantoor.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023