07-04-2024 - 13-04-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Badisa (Deuroffer): Die organisasie verskaf welsyns en sosialedienste aan minder bevoorregte persone in die samelewing en benodig finansiële ondersteuning.
  2. Skole wat die week heropen het: Dit is 'n nuwe kwartaal met nuwe uitdagings waar leerders en onderwysers U nodig sal hê. Wees U asseblief daar vir hulle.
  3. Verkiesing: Die stryd om stemme duur voort. Selfs kerkbyeenkomste word deur politieke leiers gebruik vir stemwerwing. Ons bid dat Kerkbyeenkomste nie misbruik sal word nie maar U Heiligheid gerespekteer sal word.
  4. Paastyd: Vader, U het die kerk geseën met 'n besondere tyd in ons kerkjaar. Dankie dat ons U teenwoordigheid kon ervaar en dat U ons toerus om die ewige lewe te beêrwe.
  5. Bid asseblief vir die Ringsitting wat sal plaasvind op Sondag 14 April by Blanco Gemeente. Bid vir ds. Jan en Charles Robertson wat Outeniqualand daar sal verteenwoordig.



DANKIE:

  1. Dat U my by die naam roep en ek U kind kan wees.
  2. Dat U ds. Jan die afgelope week op 'n besondere wyse in ons gemeente kon gebruik.
  3. Vir reën in die somer reënval streke. Ons het gebid vir reën en U het ons gebede verhoor. Aan U al die eer!
  4. Vir Opstandingsondag: Die Heer het opgestaan. Die Heer het waarlik opgestaan!!!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023