14-04-2024 - 20-04-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Gemeente Bediening (Deuroffer): Hierdie bediening van die kerk is om teologiese opleiding en bedienings- ontwikkeling te fasiliteer. Vader, gebruik asseblief hierdie bediening tot die uitbreiding van U koninkryk.
  2. Skade as gevolg van brande wind en reën: Die natuurrampe het die afgelope week groot skade aangerig. Wees U asseblief daar vir hulle wat verliese en skade gely het.
  3. Verkiesing: Help U ons om die uitslae van die verkiesing in U hande te laat en in alles volkome op U te vertrou.
  4. Nuwe intrekkers: Ons is dankbaar vir nuwe intrekkers en bid dat hulle in ons gemeente 'n geestelike tuiste sal vind, waar hulle U teenwoordigheid sal ervaar.
  5. Die Ringsitting wat Sondag by Blanco Gemeente plaasvind. Ons bid U seën oor elke verteenwoordiger en elke besluit af.



DANKIE:

  1. Dat U vir ons almal 'n Geestelike Tuiste bied.
  2. Dat ek na U beeld geskape is en U Gees my lei om U beeld daagliks uit te dra.
  3. Dat U ons gemeente so goed geestelik en finansieël versorg.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023