21-04-2024 - 27-04-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Die Koor: Die Paassangdiens onder leiding van ons kerkkoor is vir ons gemeente 'n besondere geleentheid, waar ons die Here se teenwoordigheid ervaar deur musiek en sang. Seën U asseblief hierdie geleentheid.
  2. Integriteit (Verlede Sondag se prediking): Vader help ons om ons Goddelike karakter na vore te laat kom, selfs daar waar mense ons nie sien nie.
  3. Verkiesing: Vir ons almal bly die komende verkiesing 'n saak van gebed. Help U ons om volkome op U te vertrou.
  4. Oorloë: Die oorloë vervul ons steeds met vrees en hartseer, maar ons vertrou steeds op u as die Vredemaker.



DANKIE:

  1. Vir U liefde! Lied 334: “God is liefde juig ons harte, en bedink wat liefde doen: Dat Hy ons Sy seun gestuur het, om ons sonde te versoek.”
  2. Dat U die Skepper is!
  3. Vir die talente waarmee U ons geskape het. Ons loof U daarvoor!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023