28-04-2024 - 04-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Gelowiges in oorloggeteisterde gebiede: Vader in die gebiede is daar steeds gelowiges wat onder moeilike omstandighede die Evangelie uitdra. Beskerm hulle asseblief en seën hulle werk.
  2. Bediening onder die Jode (Deuroffer): Reeds in hierdie tyd van konflik en verskillende sentimente oor die Jode, het die gelowiges onder hulle, en die wat die Evangelie onder hulle bedien, U hulp nodig. Seën U asseblief die bediening.
  3. Verkiesing: Ons wil veral die Verkiesingskommissie aan U opdra. Help hulle asseblief om hulle werk onafhanklik en tot U eer te doen.
  4. Presidentsverkiesing in die VSA: Die verkiesing is ook vir ons land en die wêreld van belang, omdat die VSA so 'n groot invloed op ons en die wêreld se ekonomie het. Ons bid dat U ons gebede en die baie gebede in die VSA sal verhoor.



DANKIE:

  1. Vir die Paassangdiens: Tinus en die koor het hulle talente tot U eer gebruik en ons as gemeente geestelik na U gebring. Dankie vir U teenwoordigheid.
  2. Dat ek my werk tot U eer kan doen en vir ons wat reeds afgetree het, steeds die seën van ons arbeid van die verlede kan ervaar. Gebruik my asseblief waar U my geroep het. Wys U ons waar U ons nodig het.
  3. Vir Herfsmandjie van Oorvloed: Dankie vir ons mooi omgewing, vir samesyn en dat ons hier aan U die eer kan gee.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023