Erediens - 28 April 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 28 April se erediens om 09:30 in die Kerk.
Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan? Hierdie kwartaal se preekreeks fokus dus op die werksplek en hierdie Sondag se tema is: MENSE: Naasteliefde by die werksplek!
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.




DEUROFFER: BEDIENING AAN JODE

Bid asseblief vir Jeanie de Wet wat na die Jode uitreik met die Evangelie, asook vir die Messiaanse Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad.
Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is. Hulle is Christen-Jode. Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer sal kom. Bid ook vir hulle uitreik na Joodse Christene wie nie lidmate van Beit Ariel is nie en na Jode wat nie glo dat Jesus die Messias is nie.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023