Herfsmandjie van Oorvloed

Die Here seën Outeniqualand gemeente op soveel terreine. Ons staan telkens verstom en dankbaar oor die Here se voorsiening. Sy voorsiening help ons om ons visie van Oorgee Omgee en Aangee te kan uitleef.
Ons het die Winterbasaar se insameling teruggeskuif na Maart/April. Ons noem dit die Herfsmandjie van oorvloed. Die dankbaarheidslys het ons reeds vir jou ge-epos. Boere wat lewende hawe wil gee, kan die vee gee soos dit slaggereed raak (wat in die verlede in Jun/Jul was). Op Saterdag 27 April sluit ons die insamelings af met ‘n lekker kuier op ons kerkgronde.
Dankie vir elkeen se bydrae om te help dat Outeniqualand sout en lig vir die wêreld is. Elke bydrae in die vorm van kundigheid, tyd, energie, gawes en finansies maak 'n groot impak op God se koninkryk.


 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023