Paassangdiens - 21 April 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 21 April se Paassangdiens om 09:30 in die Kerk.
Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan? Hierdie kwartaal se preekreeks fokus dus op die werksplek en hierdie Sondag se tema is: PRESTASIE: Wat is my plig by die werk?
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


DEUROFFER: BEDIENING AAN DOWES

Ons begunstigdes by NID is persone met verskeie grade van gehoorverlies, en sommige ook met addisionele meervoudige gestremdhede. Ons visie is om noodsaaklike kwaliteit-dienste aan hulle te lewer sodat hulle ook hulle volle potensiaal kan ontwikkel en bereik. Hier word Dowes ook met God se Woord bedien in hulle eie taal – Gebaretaal. Hoe kosbaar is dit nie! God se genade is darem maar groot!
Ons deel graag meer van NID in die onderstaande video's wat op YouTube beskikbaar is.
'This is the NID!' - featuring Elandré


NID Overview:Sign Supported Worship Songs:

https://youtube.com/playlist?list=PLli2RoCsM9kGLrSt4sJX0bGKtIkVCWhF7



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023