TELEFOON VRIENDSKAPSDIENS

Die idee agter die inisiatief is om by wyse van telefoniese skakeling kontak te maak met mense wat vereensaam het of net die behoefte het aan kontak.

  • 'n Dag en tyd in ‘n week kan met die persoon ooreengekom word ten einde net lekker telefonies te gesels. Jy sal vinnig ‘n verhouding en ‘n gevoel vir die persoon wat geskakel word ontwikkel, dit sal jou spontaan posisioneer om oor alledaagse aspekte te gesels. Sodanige geselsies sal verkieslik lig en opgeruimd wees.
  • Slegs 'n paar minute oproep per week of twee-weekliks kan 'n groot verskil in 'n eensame persoon se lewe maak.
  • Die skakeling dien ook as geleentheid om onder andere op 'n geestelike vlak te gesels.


Indien jy sal belangstel om:

  • 'n vrywilliger te wees om persone te kontak
  • of indien u graag so 'n oproep op 'n gereelde basis wil ontvang
  • of weet van iemand wat sal baat vind by so 'n oproep

Kontak of whatsapp asseblief vir Ilana Nortje.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023