05-05-2024 - 11-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Sinodale Bid- en Dankdag Arbeidsondag: Ons land se arbeiders is die kern van ons ekonomie. Ons bid vir die arbeiders en hulle vakbonde wat na hulle belange omsien, maar ook dat die vakbonde nie politieke speelvelde word nie. Ons bid ook vir al die werkloses in ons land.
  2. Magdalena Huis (Deuroffer): Vader ons bid vir die ongehude meisies wat hier versorg word. Wees U asseblief daar vir hulle en hulle versorgers.
  3. Pinkstertyd: In hierdie tyd herdenk ons die uitstorting van die Heilige Gees, wat sy hoogtepunt met Hemelvaart bereik. Help U ons om in hierdie dae weer bewus te word van hoe U ons daagliks seën.
  4. Verkiesing: Dat ons 'n leier kan kry wat die Here dien en tussen reg en verkeerd kan onderskei.



DANKIE:

  1. Dat U na die Hemel opgevaar het om vir ons 'n plek te berei.
  2. Lied 429:1 “Die Heer regeer, Hy't opgevaar, die dood kon Hom nie hou nie. Sy almag sal ook ons bewaar – wie sal op Hom nie bou nie?” Dit is ook ons dankgebed in hierdie dae.
  3. Dat ons aan 'n Kerk en Gemeente behoort wat steeds waarde heg aan die gebeurtenisse wat U vir ons bepaal het.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023