19-05-2024 - 25-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Verkiesing: Here, ons vertrou op U dat die 2024 'n vrye en regverdige verkiesing sal wees.
  2. Paarl Skool vir Gestremdes (Deuroffer): Hierdie spesiale kinders het 'n agterstand in die lewe, maar met U hulp en ons bydraes kan dit oorkom word.
  3. Nagmaal: Na 'n week van Pinkster is ons gereed om die Sakrament van die Nagmaal te gebruik, en so ons verhouding met U te verinnig.
  4. Vervolging Sondag: Dit is bitter hartseer dat daar lande is waar Christene vervolg, gemartel en selfs vermoor word vir julle godsdiens. Gee U vir hulle die krag om te volhard! Gaan saam met die organisasies wat, ten spyte van die gevare, die Boodskap in hierdie lande bring.



DANKIE:

  1. Vir 'n land waar ons, sonder die vrees van vervolging, ons Christenskap kan uitleef.
  2. Vir Ben wat vir baie jare voor gevat het met Outeniqualand se gebedsaksies, ook hierdie "Ons bid saam vir..." lys in die Familienuus.
  3. Dat U ons geroep het om 'n verskil te maak in 'n land waar so baie dinge verkeer is.



TROOS

Ons bid die Here se troos en genade toe vir Theresa Klinck en familie met die afsterwe van Ben!
Sy gedenkdiens was Saterdag 18 Mei 2024 om 11:00 vanuit die kerk.
Ben was vir baie jare ons gebedskoördineerder en die samesteller van die gebedsonderwerpe in die Familienuus en op die Gebed-WhatsApp-groep.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023