26-05-2024 - 01-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Verkiesing: Woensdag 29 Mei 2024. Here, ons vra U genade vir 'n vrye en regverdige verkiesing! Seën asseblief vir Suid-Afrika sodat leiers van integriteit verkies sal word.
  2. Sinodale Diensgroep vir Gemeentebegeleiding (Deuroffer): Seën die werk wat hierdie Diensgroep doen. Help hulle om U stem duidelik te hoor.
  3. Bybelgenootskap (Deuroffer tydens Pinkster): Die Bybelgenootskap doen besondere werk in ons land deur die Bybel in alle tale te vertaal en die Bybel te versprei. Seën U elkeen wat betrokke is met die vertalings en hulle wat die Bybel versprei.
  4. Gelowiges in die Parlement: Gee hulle krag om onder alle omstandighede sterk te staan in hulle standpunte van diens en integriteit.
  5. Golfdag: 28 Mei 2024: Seën asseblief ons Golfdag saam met en ten bate van BADISA.



DANKIE:

  1. Vir die Heilige Gees: Pinkster maak ons weer bewus van u Gees. Dankie dat u Gees steeds onder ons woon en ons trooster is.
  2. Dat ons almal om U tafel welkom was om die seën van die Nagmaal te ontvang.
  3. Vir 'n vol kerk waar U teenwoordigheid aangevoel word. AAN U AL DIE EER!

 



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023