Erediens - 05 Mei 2024


Ons nooi jou uit na Sondag se erediens om 09:30 in die Kerk.
Ons tweede kwartaal se tema is: Is ek 'n gestuurde binne my werksplek en waar ek ontspan?
Hierdie kwartaal se preekreeks fokus op die werksplek en hierdie Sondag se tema is: GETUIENIS: Maniere om my geloof in my werksplek te deel!
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


HEMELVAART

Ons nooi jou uit na ons Hemelvaartdiens op Donderdag 9 Mei om 18:00 by die kerkgebou te Sinksabrug.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 12 Mei se erediens om 09:30 in die Kerkgebou en die begin van die Pinksterdienste om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal.
Daar sal geen diens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal wees nie.




DEUROFFER:

MAGDALENA HUIS Magdalenahuis Beradingsentrum het op 10 Oktober 1902 tot stand gekom en was 'n inisiatief van die NG Kerk. Magdalenahuis fokus op drie diensterreine: swangerskapberading, aanneming en herkomsfasilitering. In September 2014 neem Magdalenahuis dan ook die geloofstap om weens die oorweldigende nood en behoefte aan hulp, die inwoningskomponent om te skakel na 'n ondersteunings/ontwikkelingsprogram in hoë risiko gemeenskappe. Die Isiqualo Program (New Beginnings) fokus steeds daarop om hierdie weerlose swanger vroue en hul ongebore babas in nood by te staan en te ondersteun. Met dieselfde visie “Uit liefde help ons heelmaak” onderskryf ons die filosofie van die Eerste 1000 dae, met die uitkoms dat gesonde kinders lei tot ‘n gesonde samelewing. Dankie aan gemeentes wat deur die jare met hul deuroffers Magdalenahuis in staat stel om volhoubaar 'n verskil te maak in die lewens van weerlose swanger vroue, kinderlose egpare, asook babas en kinders.
Webwerf: https://magdalena.org.za


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023