Erediens en Pinksterdienste - 12 Mei 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 12 Mei se erediens om 09:30 in die Kerk.
Ons deel ook Moedersdag-geskenkies uit.
Daar sal geen diens om 08:00 in die Kobus Hattinghsaal wees nie.
Hierdie kwartaal se preekreeks fokus op die werksplek en Sondag se tema is: GELD: Beloftes, plesiere en gevare!
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.
Sondagaand begin ons Pinksterdienste om 18:00 in die Kobus Hattinghsaal te Glentana.




VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 19 Mei se NAGMAAL om 09:30 in die kerk.
Kom sluit ook by ons aan vir die Nagmaals-ete om 12:00 by die Kobus Hattinghsaal in Glentana.
As jy onseker is by wie jy kan sit, kontak vir Maryna.
Dit is 'n fees van dankbaarheid, kos en kuier.
Doen die moeite en kom kuier lekker saam.


DEUROFFER: BYBELGENOOTSKAP

Die Here het ons in staat gestel om in al 11 amptelike tale Bybels te kon vertaal en in meeste tale is daar hersienings en tweede vertalings gewees.
Die NG Kerk het vanaf die stigting van die Bybelgenootskap in 1820 'n baie belangrike rol te speel om vir die res van die land, met sy verskillende kulture en tale 'n eie Bybel te kon gee. Soos dit met gemeentes in dié tyd swaar gaan, gaan dit in die Bybelgenootskap wat 'n donateur gebaseerde organisasie is ook maar moeilik. Gelukkig is dit 'n nuwe jaar en het ons volle verwagting in die Here se genade sodat Hy vir ons in 2024 weer sal voorsien, sodat ons vol sterkte kan voortgaan met ons belangrike taak om die Woord so wyd moontlik te versprei.
www.bybelgenootskap.co.za


VOLGENDE SONDAG SE NAGMAALSETE

Die Pinkster sluit af met 'n Nagmaals-ete om 12:00 in die Kobus Hattinghsaal. Elke gesin bring 2 bykosse (groente of slaai), 'n vleisgereg en 'n nagereg en kom kuier lekker saam. Die kosse word alles op een tafel uitgepak en elkeen help homself met die opskep. Bring ook asseblief jou eie eetgerei en drankies saam. Tafels en stoele word voorsien, maar jy is welkom om jou kampstoel saam te bring.
As gevolg van die Nagmaals-ete is daar volgende Sondag geen koffie na afloop van die erediens nie.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023