02-06-2024 - 08-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ekologie: Die grond is heilig, dit onderhou die mense, dit beskerm die mense en sorg vir die mense. Bid vir hierdie kosbare erfenis.
  2. Sinodale Arbeidsbediening (Deuroffer): Die fondse word gebruik vir Christelike opheffing, pastoralesorg en traumaberading aan mense in die arbeidsektor. Ons bid vir hulle wat 'n diens in die bediening lewer maar ook vir hulle wat deel is van die programme.
  3. Werkskepping: Ons bid vir werkskepping in ons land en dat werkers menswaardig behandel sal word.
  4. Die kerkraad en leraar: Ons loof en prys U vir 'n groeiende gemeente. Rus U ons gemeente leiers toe om altyd, in nederigheid, binne U wil en plan vir Outeniqualand te bly.



DANKIE:

  1. Vir die bydrae wat ons Gemeente tot die verspreiding van die Bybel kon lewer. Ons bid dat die Bybels mense nader aan Christus sal bring. Ps. 1:1,2 “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van die goddeloses volg nie, nie met sondaars en ligsinniges saamspan nie, maar in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.”
  2. Vir 'n God wat steeds in beheer is en op wie ons kan vertrou!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023