09-06-2024 - 15-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ekologie: (Biddag vir Ekologie) Die grond is heilig, dit onderhou die mense, dit beskerm die mense en sorg vir die mense. Bid vir hierdie kosbare erfenis.
  2. Innovation for the Blind (Deuroffer): Here hierdie organisasie doen baie belangrike werk onder mense met siggestremdhede. Gee hulle geduld, liefde en versterking om hierdie taak te verrig.
  3. Die kerkraadsvergadering (11 Junie) Ons vra in nederigheid dat U self teenwoordig sal wees by die vergadering. Ons bid dat U wil sal geskied met elke besluit wat geneem word.
  4. Vakansie (14 Junie – 9 Julie): Here ons vra U beskerming vir almal wat op die pad is in hierdie tyd. Gee dat die skoliere, studente, onderwysers en lektore liggaamlike en geestelike sal uitrus.
  5. Verkiesing: Ons dra al die prosesse wat na die verkiesing plaasvind aan U op. Laat reg en geregtigheid seëvier. Gee kalmte en wysheid. Ons weet U is in beheer!



DANKIE:

  1. Vir RSG en die TV wat steeds geestelike programme en musiek uitsaai.
  2. Vir die voorbeeld wat U vir ons gestel het, van nederigheid en diensbaarheid.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023