16-06-2024 - 22-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Outeniqualand se eie Diensgroep vir Getuienis: (Deuroffer) Vader ons bid vir die werk wat hierdie Diensgroep doen, binne ons gemeente, Friemersheim maar ook so vêr as Namibië. Mag hierdie werk geseën wees en die nodige finansiële ondersteuning kry.
  2. Biddag vir Jeug en Kategese (Vonkies): Ons bid op hierdie dag vir ons jeug wat soveel uitdagings te bowe moet kom maar ook vir die leiding wat hulle van ons Vonkleiers ontvang.
  3. Vadersdag Ons bid vir die vaders in ons gemeente. Rus U hulle toe vir hulle groot verantwoordelikheid om hulle gesinne met liefde, geduld en deernis te versorg en na Jesus te lei.
  4. Armes en haweloses: In die koue winter waar die mense baie moet ontbeer. Ons bid dat ons wat het, die nood sal raaksien en 'n helpende hand sal uitsteek.



DANKIE:

  1. Vir vaders wat hulle doopbelofte nakom en die geestelike leiers in die gesinne is.
  2. Vir almal wat ingetree het vir die kerkraadsvergadering.
  3. Dat U steeds in beheer van ons land is te midde van negatiewe wetgewing, misdaad, moord, ens. Vader al hierdie dinge wil ons oorweldig maar ons vind steeds ons hoop en krag by U!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023