23-06-2024 - 29-06-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Diepkloof Kleuterskool: (Deuroffer) Ons bid vir leerders, ouers en onderwysers wat by die skool betrokke is. Seën U die werk wat gedoen word en sorg asseblief vir finansiële ondersteuning.
  2. Vakansie: Baie van ons gemeentelede is in hierdie tyd op die paaie. Beskerm U hulle en seën die rus wat hulle geniet.
  3. Here gee ons die moed om met woord en daad U boodskap van liefde uit te dra. “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Jy moenie skaam wees om die boodskap van die Here te verkondig nie....” (Tim1:7-8 )
  4. Verkiesing: Die samestelling van die nuwe parlement en die nuwe leiers van ons land.



DANKIE:

  1. Vir vakansietyd: Dat U ook vir U kinders 'n tyd van rus gun. Seën U die rus, en waar baie in die natuur verkeer, maak hulle bewus van U skepping en teenwoordigheid.
  2. Vir 'n huis en dat ons warm en gevoed kan gaan slaap.
  3. Vir mense wat die behoeftes van ander raaksien en hulp verleen.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023