30-06-2024 - 06-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Ramot (Deuroffer): Die pasiënte wat hier opgeneem word het 'n dwelm of drank probleem en het ons voor-bidding en finansiële ondersteuning baie nodig. Ons dink ook in ons voorbidding aan die beraders wat hulle bystaan.
  2. Hulle wat kinders en familie het wat oorsee woon. Stil U die verlange en beskerm die wat ver woon.
  3. Mensehandel wat besig is om toe te neem. Ons bid dat die misdadigers aan die man gebring sal word en neem U asseblief die ontvoerdes onder U beskerming.
  4. Wêreldonrus: Vader ons bespeur onrus oor die hele wêreld. Ons bid dat gelowiges weer hulle oë op U sal vestig en begin getuig.



DANKIE:

  1. Dat U ons paaie gelyk maak. Spreuke 3:6 “Ken Hom in wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”
  2. Vir U troue liefde en die versekering in U Woord dat U ons nooit sal verlaat nie.
  3. Vir hulle wat gewillig is om deur hulle getuienis 'n verskil in mense se lewens en omstandighede te maak.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023