Erediens 09 Junie 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 9 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Sondag se tema fokus steeds op die werksplek met die tema: LEIERSKAP: My karakter word gevorm!
Daar sal geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees op 9 Junie nie.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 16 Junie (Vadersdag) se erediens om 09:30 in die kerk.
Daar is geen Vonkies in die skoolvakansie nie.


DEUROFFER: INSTITUUT VIR BLINDES


“Ek het vanoggend 2 gekenke oopgemaak....my oë!”
Innovation for the Blind (voorheen bekend as Instituut vir Blindes), voorsien reeds sedert 1881 in die allesomvattende behoeftes van die blindes, swaksiende en meervoudiggestremde volwassenes, deur die voorsiening van vaardigheidsopleiding, gespesialiseerde versorging, terapeutiese ondersteuning en werkskepping. Ten spyte van verskeie uitdagings oor ons 139 jaar het ons oorleef, en selfs sterker anderkant uitgekom, danksy die getroue ondersteuning van hartsmense en deur elke dag ons VISIE, naamlik om 'n meetbare verskil in die lewensgehalte van siggestremdes te maak, na te streef. Hierdie prestasie sou onmoontlik gewees het sonder die meelewende betrokkenheid van donateursvriende en vennote. U voorbidding vir ons organisasie en ons inwoners is vir ons baie kosbaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023