Erediens - 16 Junie 2024

Ons nooi jou uit na Sondag 16 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Sondag se tema is: MISLUKKINGS: Hoe om mislukkings te hanteer?
Dit is Sondag Vadersdag asook Biddag vir Jeug en Kategese.
Daar is geen Vonkies in die vakansie nie. Ons wens al ons leerders en onderwysers 'n heerlike rustyd toe!
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 23 Junie se erediens om 09:30 in die kerk.
Daar is geen Vonkies in die skoolvakansie nie.


DEUROFFER: ONS EIE DIENSGROEP VIR GETUIENIS

Outeniqualand se Diensgroep vir Getuienis-aksies staan onder leiding van Charles Robertson. Die span bestaan uit Ds Jan, Almero de Lange, Barry Robertson, Christo en Carin Coetzee, Christo Kruger, dr. Kobus Hattingh, Henk Vosloo, Chris Oosthuizen, Johan Deysel, Kobus Faasen, Nikki Visagie, Schalk Boshoff en Merinda Duvenage.
Hierdie diensgroep is verantwoordelik vir die uitdra van die Woord van Sinksabrug tot in Namibië en saam met die Diensgroep van Barmhartigheid die geestelike opbou van die gemeenskap.
Opwindende projekte waarby hierdie diensgroep betrokke is: Bybels vir graad 7's (Graad 7's by Hoogekraal, Diepkloof en Van der Hoven kry elkeen 'n Bybel) / Stranddiensspan / Plaas bediening / Diepkloof Kleuterskool / Degnos (Boesmans) / SOKKERDAG vir skole in ons area (14 September 2024 - word gehou op Van der Hoven se sportgronde) en vele meer.
Ons moedig jou aan om aan te sluit by ons span en te help dink aan nuwe idees waardeur ons ons lidmate en gemeenskap kan bedien.
Kontak gerus vir Charles.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023