Erediens - 23 Junie 2024

 


Ons nooi jou uit na Sondag 23 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 30 Junie se erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: DIEPKLOOF KLEUTERSKOOL

Soos meeste van u bewus is, is Diepkloof Kleuterskool in 2002 gestig deur lede van die gemeente om veral die kinders op die plase die geleentheid te gee om die Vroeë Kinderontwikkeling programme te ondergaan en skoolgereed te kry eerder as om alleen op die plaas te sit terwyl hul ouers werk. Tans het ons 65 kinders tussen die ouderdom van 3 tot 6 jaar oud wat deur 4 gekwalifiseerde opvoeders opgelei word om voorbereid te wees vir hul formele skoolloopbaan en hul so die beste kans te gee om te ontwikkel in goedaangepaste volwassenes wat eendag hul plek in die lewe sal kan vol staan. Ons leerders kom omtrent om die helfte van die plase en Hoogekraal gebied af. Hulle word daagliks gratis vervoer met die skool se Kia bakkies, wat deur die Opvoeders bestuur word met die nodige PDP lisensies. Met al die reën wat ons tans ondervind is die paaie nogal 'n uitdaging op die bestuurders en die voertuie! Die kinders kry elke oggend ontbyt van verrykte pap wat aan die skool geskenk word, 'n mid-oggend toebroodjie en 'n gekookte ete wat ons aan George Superkitchens uitgekontrakteer het wat aan verskeie skole in George kos verskaf. Baie dankie aan die Kerkraad vir ons splinternuwe kombuis wat binne die omheining van die Kleuterskool is en die lewe vir ons skoonmaker/kok baie makliker maak! 'n Toilet vir die Personeel is ook aangebou. Ons ontvang 'n subsidie van die staat wat sowat 40% van ons maandelikse onkostes dek; ouers is veronderstel om 'n minimale skoolfonds van R120 p/maand te betaal – ongelukkig is baie van ons ouers werkloos en kan nie eers dit bybring nie; die Ouerkomitee hou kwartaalliks 'n fondsinsameling funksie en vir die res is ons afhanklik van donasies en ander fondsinsameling pogings. Dis met groot dankbaarheid dat ons kan sê dat ons nog in staat is om kop bo water te hou wat die maandelikse finansies aanbetref maar ons het geen “buffer fondse” sou iets groots verkeerd gaan nie. Ons ideaal is om fondse op te bou om voorsiening te maak om ons ouer voertuig binne die volgende 4 jaar te kan vervang.
Die kinders se veiligheid is ons hoogste prioriteit en sonder betroubare voertuie kan hulle nie by die skool kom nie.

Ander behoeftes sluit in:

  • Ons is in die proses om ons opvoedkundige apparaat te herevalueer en nuut aan te koop waar nodig. Dit sluit in spesifieke ouderdomsgerigte balle, hoepels, springtoue, boontjiesakkies ens.
  • Handwerkbenodigdhede soos poeierverf, gom, klei, kryte, handwerk, voorskote ens.
  • Kinderboeke is altyd ‘n behoefte sodat ons van jongs af by leerders 'n liefde vir lees kan aankweek.
  • Ons benodig ook groot skopfietse. Hulle moet maar op 'n gereelde basis vervang word – hulle het 'n beperkte leeftyd as gevolg daarvan dat hulle so baie hard werk!
  • Diepkloof Kleuterskool is geregistreer as 'n “Public Benefit Organization”, wat beteken dat alle donasies aan die skool 'n belastingvoordeel inhou vir die donateur. Ons reik jaarliks Art 18A kwitansies uit aan alle donateurs.

Indien u voel dat u 'n vaste maandelikse skenking wil doen, of slegs 'n eenmalige skenking, is ons bankbesonderhede as volg:
Diepkloof Kleuterskool, FNB
Tjekrekening nommer 630 503 48284,
Bankkode 210-314

Baie dankie aan elkeen wat reeds op enige manier betrokke is by die kleuterskool en by voorbaat dankie vir u bydraes met die deurkollekte – soos u kan sien is daar baie gate wat toegestop moet word!
Kontak gerus vir Bernice van Rooyen vir enige verdere navrae.


DEUROFFERS

Volgende Sondag se Deuroffer gaan vir Ramot

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023