Erediens - 30 Junie 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 30 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Ons verwelkom ook die familie van Daniël Barnard wat ten doop gebring word.
Kom drink heerlike koffie na die diens op die gras voor die kerk, as die weer dit toelaat. Daar is 'n ander funksie in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 7 Julie se erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: RAMOT

'n Nuwe lewe, 'n Nuwe begin!
Ramot is 'n behandelingsentrum vir alkohol- en ander middel afhanklikheid en bestaan reeds vir 57 jaar.
Gedurende hierdie tyd het meer as 210 000 mense met 'n afhanklikheidsprobleem direk of indirek hulp ontvang. Alkohol bly steeds die grootste probleem. Afhanklikheid (verslawing) beteken om oorgegee te wees aan 'n mag buite jouself met rampspoedige gevolge. Die persoon het geen hoop nie, en voel om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie. Families is skaam vir die persoon en die wêreld verwerp hulle grootliks. Maar mag ons as Christene dieselfde doen?
Help ons asseblief om Christus se hande en voete te wees vir die afhanklikes.
Elke pasiënt ontvang intensiewe persoonlike aandag. Die kerk kan trots wees op Ramot. Bid asseblief vir genade en wysheid om meer mense te help, teen bekostigbare pryse.


DEUROFFERS

Volgende Sondag se Deuroffer is 'n Sinodale deuroffer vir Mosambiek, Zimbabwe en Malawi.


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023