Gebedslys vir Suid-Afrika

  • Bid vir vrede en eenheid tydens die laaste onderhandelinge voor die sitting van die Parlement.
  • Bid dat wet en orde in elke provinsie sal heers, sonder geweld of wetteloosheid.
  • Bid vir die nodige voorbereidings en ordelike verloop van die eerste sitting van die 7de Parlement.
  • Bid vir wysheid en goddelike leiding vir die verkiesing van die President, Speaker en Adjunk-Speaker.
  • Bid en verklaar God se heerskappy en voorsiening oor Suid-Afrika!


Hoofregter Raymond Zondo het bepaal dat die eerste sitting van die pasverkose parlement op Vrydag 14 Junie sal plaasvind. Tydens die eerste sitting van die 7de demokratiese administrasie sal die verkiesing van die President, Speaker en Adjunk-speaker plaasvind.
Ons vra dat jy saam met die res van Suid-Afrika sal bid vir hierdie prosesse.

(Die inspirasie kom van Jericho Walls International. Dit is vertaal en verkort.)

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023