WÊRELD OSEANEDAG

 


Wat is nou lekkerder as om deur 'n brander te duik, op die see in jou kajak te roei of sommer net langs die see te gaan stap? Op Saterdag 8 Junie vier ons Wêreld Oseanedag met die tema Awaken New Depths.
Oseane beslaan meer as 70% van ons planeet en is ’n onontbeerlike lewensbron wat die voortbestaan van ons as mense asook dié van elke ander organisme op aarde ondersteun. Oseane produseer ten minste 50% van ons planeet se suurstof en is die tuiste van die meeste van die aarde se biodiversiteit. Dit is ook die hoofbron van proteïene vir meer as 'n miljard mense regoor die wêreld. Oseane voed die wêreldekonomie met 'n geskatte 40 miljoen mense wat teen 2030 in diens van oseaan-gebaseerde nywerhede sal wees. Laat ons as navolgers van Christus ons deel bydra om respek aan ons oseane te betoon.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023