21-07-2024 - 27-07-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. HELPENDE HAND (Deuroffer): Die organisasie reik na behoeftige mense uit en verlig so die nood, ook in hierdie koue winter. Ons bid dat ons bydrae ook 'n verskil sal maak.
  2. Nuwe Regering: Ons bid vir wysheid en leiding vir enige besluite wat gemaak word. Here help hulle om op te staan teen korrupsie en dat reg en geregtigheid sal seëvier in ons land.
  3. Die Howe, Regters en Vervolgingsgesag: Die instansies verkeer onder geweldige druk. Help U hulle asseblief om nie te swig onder druk nie, maar getrou te bly aan hulle amps-eed.
  4. Sakemanne en organisasies wat onbevrees standpunt inneem teen roekelose besluite van die Regering, omdat hulle 'n beter Suid-Afrika vir almal beoog.



DANKIE:

  1. Dat U ons omvou met U liefde.
  2. Dat ons U in die natuur raaksien; ook in die reën en koue. U weet dat die natuur dit nodig het.
  3. Dat U ons as U kinders in U diens wil gebruik. Maak ons gewillig!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023