BEESLOOP – 14 SEPTEMER 2024

Die Beesloop-oggend is 'n heerlike saamkuier oggend van pret en plesier in die natuur, met baie wenners! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die dam). Dit is die oggend van 9:00 tot 12:00 met baie opwinding, pryse en heerlike stalletjies om van te kies en te keur.
VIR DIE JONGSPAN: plaas-ferrari / kettieskiet / cupcake versiering / perderitte en vele meer!!
HOE WERK DIT? Die veld agter die kerk se dam, is in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is ('n blok word vir R100 verkoop). Daar is 'n skaalmodel van die veld met al die blokke. Die nommers word lukraak toegeken op ‘n rekenaar en uiteengesit vir besigtiging. Ons het beeste wat op die veld gaan rondloop om ‘n bietjie te wei. Die blok waarop hulle die eerste merk los, is die wenner en kan een van die onderstaande pryse gaan kies. Die pryse word deur die wenners gekies in volgorde soos die beeste hulle merk los.

WAT IS DIE PRYSE?
Geskenkbewys van Buffelsdrift (2 persone vir 1 nag, wildrit en olifantvoer ingesluit )
Koedoe wildsvleis (40kg)
Skaaplam
Botlierskop (Wildsbesigtiging vir 2 persone)
Kleinplaas Oudtshoorn (akkomodasie vir gesin van 4 )
Redberry Aarbeiplaas (geskenkbewys)
Beans about Coffee (Oudtshoorn) kom geniet 'n cuppuchino en koek
Te Fraai Diena in Groot Brakrivier (2 pragtige leerhandsakke)
Prestons (1.5L wyn)
Pizza & Donut Den in Hartenbos Waterfront
Koelhouer
Meraki Skoonheidsprodukte
Pratige Pieniek komberse
The Loft Haarsalon
Madia’s Skoonheidsalon in Hartenbos
en baie meer!!!

Boekies sal van vandag af na die erediens beskikbaar wees op die gras voor die voordeur van die kerk of as die weer dit nie toelaat nie, in die kerksaal.

Kom kuier lekker saam soos net die Outeniqualanders dit kan doen!!!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023