04-08-2024 - 10-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. DEGNOS (Deuroffer): Vader ons bid vir Andries en Tracy en hulle span in Namibië en die geestelike werk wat onder die Boesmans gedoen word. Seën U asseblief die projek.
  2. Nuwe lidmate: Ons bid dat hulle hier in ons gemeente 'n geestelike tuiste sal vind en dat ons hulle met die liefde van Christus sal laat welkom voel.
  3. Hulle wat kronies siek is: Laat hulle nooit aan U genade, liefde en ontfeming twyfel nie.
  4. Nuwe regering: Here help asseblief die lede van die nuwe regering om staande te bly teen omkopery en korrupsie.



DANKIE:

  1. Vir 'n groeiende gemeente en dat U hand sigbaar is in ons gemeente.
  2. Vir middele tot ons beskikking om in 'n koue winter warm te bly.
  3. Dat ons U kan loof en prys vir Suid-Afrika se verkiesing wat glad en sonder insidente verloop het.
  4. Vrouemaand: Dankie vir die rol wat vroue in die kerk, samelewing en huis speel.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023