11-08-2024 - 17-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. SAAWE ( Deuroffer): Hierdie Organisasie mobiliseer die kerk in Suid-Afrika en die wêreld om ons, om dissipels van Christus te wees. Ons bid vir hulle werk en dat U hulle werk sal seën.
  2. Die Landbou: Die rol wat dié sektor in ons land en gemeenskap speel. Die Landbou is nie alleen voedsel voorsieners nie, maar ook geestelike versorgers. Vader help U ons boere in die omvattende verantwoordelikheid.
  3. Outeniqualand: Here help ons in ons pogings om 'n verskil te maak in ons gemeenskap waar daar soveel nood is.



DANKIE:

  1. Gelowige vroue wat bereid is om leiding te neem en 'n verskil in gemeentes te maak. (Vrouemaand)
  2. Vir toegewyde personeel wat sorg vir ons kerk se administrasie, asook die wat sorg dat ons terreine en geboue netjies is.
  3. Vir gelowiges wat 'n verskil in die wêreld maak, in 'n tyd van onrus, oorlog en natuurrampe.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023