18-08-2024 - 24-08-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Teologiese Kweekskool (Deuroffer): Ons bid dat U Woord steeds sentraal sal wees in die Teologiese opleiding en dat die wat waarlik geroepe is, hulle as predikante sal bekwaam.
  2. Ouers en opvoeders wat kinders met probleme moet hanteer. Gee U asseblief vir hulle leiding en lig. Neem U beheer van die kinders se wil en emosies.
  3. Outeniqualand se musiekbediening: Dankie vir hulle wat hulle talente tot die gemeente se beskikking stel en dat ons deur sang en musiek U teenwoordigheid kan ervaar.
  4. “Om soos God te kyk” reeks. Leer ons om anders te kyk na U, onsself, verhoudings, kerkwees, ons gemeenskap en ons land.



DANKIE:

  1. Vir 'n normale samelewing waarvan ons deel kan wees. Maar ons bid vir hulle wat daagliks in vrees moet lewe.
  2. Vir gebed: Gebed is ons direkte kontak met U. Dankie vir hierdie lewenslyn wat U aan ons gee. Gee ons die krag om nooit op te hou bid nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023