BEESLOOP - 14 SEPTEMBER 2024

Op Saterdag 14 September is dit weer ons jaarlikse BEESLOOP dag! Dit word gehou op die kerkgronde (agter die kerk by die dam). Die veld word in blokke opgedeel en afgekamp volgens die hoeveelheid kaartjies wat verkoop is.
Ons het 'n bees wat op die veld gaan rondloop om 'n bietjie te wei. Die blok waarop die bees ‘n merk los, is die wenner.
Daar gaan baie pryse wees! Dit is 'n oggend van kuier, pret en vele wenners! Moet dit nie misloop nie!
'n Skaalmodel van die veld met al die blokke en nommers word op 'n rekenaar neergesit en blokke word geallokeer aan kaartjiehouers.

Naas die groot pryse wat op die kaartjies aangedui word, is daar ook talle ander pryse:

  • Witzenberg Guest Farm – 2x Deluxe Dubbel Kamers vir 2 nagte (4 mense)
  • Kleinplaas Oudtshoorn (akkommodasie vir gesin van 4 )
  • Beans about Coffee (Oudtshoorn) kom geniet 'n cappuccino en koek
  • Te Fraai Diena in Groot Brakrivier (2 pragtige leerhandsakke)
  • Prestons (1.5L wyn), Koelhouer
  • Pizza & Donut Den in Hartenbos Waterfront
  • Meraki Skoonheidsprodukte
  • Pragtige Piekniek komberse
  • The Loft Haarsalon
  • Madia's Skoonheidsalon in Hartenbos
  • Redberry Aarbeiplaas (geskenkbewys)
  • en baie meer!!!


Ons benodig asseblief hulp met:

  • Terrein voorbereiding / Terrein opruiming na die tyd
  • Kleim afmerk vir die beeste om op te loop
  • Kos stalletjies beman en hulp met verkope
  • Opslaan en afslaan van Gazebo’s die oggend van die Beesloop
  • Kuiertent voorbereiding en tafel plasings voor die tyd
  • Plakkate maak
  • Toesighouding by Springkasteel en kinderaktiwiteite

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023