Erediens - 04 Augustus 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 4 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 11 Augustus se erediens om 09:30 in die kerk.
Daar sal volgende Sondag geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees nie.


DEUROFFER: DEGNOS (Bediening onder die Boesmans)

Outeniqualand het 'n jare lange verbintenis tot die DEGNOS bediening vir Boesmans. Twee jaar gelede op die 13de Augustus, het lede van die Diensgroep vir Getuienis en lidmate van Outeniqualand hulle besoek en klere, skryfbehoeftes, sokkerballe en lekkers vir hulle gevat en ook die personeel en vir Andries en Tracy gaan bemoedig en versterk vir hulle werk.
Doen gerus die moeite en lees die aangehegte Nuusbrief van DEGNOS. Daar is baie interessante inligting in die Nuusbrief.
Andries en Tracy Gous


DEUROFFERS

Verlede Sondag het offers ingesamel vir Helpende Hand.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir SAAWE.


Ds Jan is met vakansie van 14 Julie tot 14 Augustus. Ons gun hom en Karien 'n welverdiende blaaskans.
Merinda is met verlof vanaf Woensdag 7 Augustus tot Maandag 12 Augustus.
Lorraine sal die kerkkantoor beman op Woensdag 7 Augustus vanaf 8:30 tot 13:30.
Die kerkkantoor sal Woensdagmiddag en Donderdag gesluit wees. (Vrydag is 'n vakansiedag)
In geval van nood, kontak Lorraine.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023