Erediens - 11 Augustus 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 11 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou. Daar is Sondag geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees nie.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 18 Augustus se erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: SAAWE

Die deuroffer gaan vir Gerrie en Arlene Coetzee van die Suid-Afrikaanse Aksie vir Wêreldevangelisasie (SAAWE). Hulle is 'n sendelingpaar wat deur NG Gemeente George-Bergsig uitgestuur is en deur die gemeentes van die Ring van George asook individue finansieel ondersteun word. Hulle is aanvanklik uitgestuur vir Sending Portugal. Na baie jare se vrugbare werk is hierdie sending-projek deur o.a. die regering in die wiele gery. Kort daarna het Gerrie en Arlene teruggekeer na Suid-Afrika en hulle sendingwerk voortgesit by die SAAWE.
Nora de Wit (NG Bergsig Projekleier)


DEUROFFERS

Verlede Sondag het ons ingesamel vir DEGNOS.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir die Teologiese Kweekskool.


Ds Jan is met vakansie van 14 Julie tot 14 Augustus. Ons gun hom en Karien 'n welverdiende blaaskans.
Merinda is met verlof vanaf Woensdag 7 Augustus tot Maandag 12 Augustus. Lorraine sal die kerkkantoor beman op Woensdag 7 Augustus vanaf 8:30 tot 13:30. Die kerkkantoor sal Woensdagmiddag en Donderdag gesluit wees. (Vrydag is 'n vakansiedag)
In geval van nood, kontak Lorraine.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023