Erediens - 18 Augustus 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 18 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Sondag skop ons af met die reeks “Om soos God te kyk...”
Sondag se tema is: Sien God anders.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 25 Augustus se erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: Teologiese Kweekskool

Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch bied onder andere opleiding vir studente van verskillende kerke met die oog op die bediening as predikante en jeugwerkers. Die uitdrukking Teologiese Kweekskool dui op daardie afdeling/skool in die Fakulteit Teologie van die Universiteit wat predikante vir die bediening in die NG Kerk oplei.
Predikante van die NG Kerk-familie word sedert 1859 hier opgelei. U voorbidding vir beide die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, die Dekaan, dosente en al die personeel word gevra.
Me Amanda van Niekerk


DEUROFFERS

Verlede Sondag het ons by die deure ingesamel vir SAAWE.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir Hospitaal bearbeiding (Sinodaal).

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023