Erediens - 25 Augustus 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 25 Augustus se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Sondag kuier dr. Frederick Marais van die Skool vir Sosiale Innovasie op Wellington by ons.
Ons verwelkom ook die koor van die VGK Friemersheim by ons.
Die Nagmaal en Nagmaalsete word uitgestel na volgende Sondag, 1 September.
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 1 Sep se NAGMAAL om 09:30 in die kerk en Nagmaalsete vanaf 12:00 in die Kobus Hattingh-saal.


DEUROFFER: Hospitaalbearbeiding

'n Samewerkingsooreenkoms is met HospiVision, 'n nie-regeringsorganisasie, gesluit wat sedert 1999 in die hospitale leiding neem in die spirituele en emosionele versorging van pasiënte, hulle families en personeel. Indien pasiënte vanaf die platteland pastorale ondersteuning benodig in hospitale binne die Kaapse Metropool, moet HospiVision gekontak word. Die diensgroep Diaconia het die webwerf (http://www.myhulp.co.za) ontwikkel om inligting te voorsien waar hulp oor 'n aantal onderwerpe rakende geestesgesondheid gevind kan word.
HospiVision Administratiewe ondersteuning: Ria Koen


DEUROFFERS

Verlede Sondag het ons by die deure ingesamel vir die Teologiese Kweekskool.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir die Instituut vir Dowes.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023