Nagmaal - 1 September 2024


Ons nooi jou uit na Ons nooi jou uit na Sondag 1 September se NAGMAAL om 09:30 in die kerkgebou en die Nagmaalsete vanaf 11:30 in die KH-Saal.
As gevolg van die Nagmaals-ete sal daar na die erediens geen koffie in die saal wees nie.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 8 September se twee eredienste: 08:00 in die Kobus Hattinghsaal en om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: Instituut vir Dowes

Die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Christus kan ontvang.
Die deuroffer vir die Nasionale Instituut vir Dowes word as volg aangewend:
Bejaardesorg vir Dowes in 'n versorgingseenheid op Worcester;
Residensiële versorging van volwasse Dowes met meer- voudige-gestremdhede (die enigste in Suid-Afrika en Afrika);
Beroepsopleiding aan Dowe studente;
Lewering van multi-dissiplinêre steundienste aan Dowes en persone met gehoorverlies;
Ondersteuning aan 2 gemeente (die Dowe Familie Kerk, Worcester en die NGK De la Bat in Bellville vir die geestelike versorging van die Dowes.


DEUROFFERS

Verlede Sondag het ons by die deure ingesamel vir Hospitaal-bearbeiding.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir die CLF (Christelike Lektuurfonds).

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023