01-09-2024 - 07-09-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Instituut vir Dowes ( Deuroffer): In die woorde van die nuwe gehoorgestremde Mej. SA, bid ons vir die mense wat uitgesluit voel weens gestremdhede. Bid dat hulle hulle volle potensiaal sal bereik.
  2. Bid vir volhoubaarheid na die werkswinkel met die skool vir Sosiale Innovasie.
  3. Dis amptelik lente! Bid ook vir groei in ons gemeente en eie geestelike lewens.
  4. Ons Vonkies/Kategese vir wysheid om ons kinders te bereik. Vir menstors, die bou van opbouende verhoudings, “commitment” en betrokke ouers.
  5. Dankdag Landbou en Ekonomie: Here gaan asseblief saam met ons boere en die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Ons vra dat U Suid-Afrika se ekonomie sal seën.



DANKIE VIR:

  1. Die Six-a-side Sokkerdag en almal wat inbou, omgee en betrokke is in die gemeenskappe.
  2. Die gemeenskaplike maaltyd en nagmaal. Laat ons onthou...

 

GEBEDSUITDAGING VIR DIE WEEK:

 
Vra (jou) kinders, kleinkinders, straatkinders (groot of klein) waarvoor jy vir hulle kan bid.
(Jy kan dalk verbaas staan!)
 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023