08-09-2024 - 14-09-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Christelike Lektuur Fonds (CLF): (Deuroffer): Bid dat mense bereik sal word deur die geskrewe Woord.
  2. Bid vir ons land se Eenheidsregering. God is ons Vredevors en ons vra dat Hy eenheid, samewerking en integriteit sal bewerkstellig.
  3. Die Beesloop volgende naweek. Vir al die reëlings en die mense betrokke daarby. Bid dat hierdie dag tot God se eer sal geskied, en ons as gemeente dit saam sal geniet.
  4. Die Regstelsel. Bid teen georganiseerde misdaad en bendegeweld en vir slagoffers van geweld.



DANKIE VIR:

  1. Elke seisoen in ons lewens. Laat ons die goed en die sleg waardeer, omdat God getrou lei, dra en ondersteun.
  2. Dat ons vir God kosbaar is, dat Hy ons uniek geskape het.



GEBEDSUITDAGING VIR DIE WEEK:


Kan nie slaap nie? Gebruik dié tyd om te bid.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023