15-09-2024 - 21-09-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Predikantebegeleiding (Deuroffer): Bid vir geesvervulde, geroepe predikante wat God se gemeentes sal lei tot Sy eer alleen. Bid vir ds. Jan en al die uitdagings wat elke dag in Outeniqualand op sy pad kom.
  2. Verhoudings. Bid vir verhoudings in ons gesinne, families, vriendekring en by ons werksplekke. Gee wysheid en liefde waar moeilike mense ons pad soms kruis.
  3. Eenheid in ons kerk. Bid vir die NG Kerk en gemeentes in ons land. Bid dat ons God as die enigste Hoof van die kerk sal erken. Bid dat Sy Woord en Sy liefde onbelemmerd sentraal sal staan.
  4. Ons kerkraadsvergadering. Vir God se teenwoordigheid in elke saak/bespreking.
  5. Gestremde Persone. (Die afgelope para-olimpiese spele het weer eens kom wys hoeveel hindernisse hulle moet oorkom)



DANKIE VIR:

  1. Vir gesondheid (Bid vir elkeen wat sukkel met gesondheid)
  2. Vir ons naby-mense. Dankie vir ondersteuning en liefde.


GEBEDSUITDAGING VIR DIE WEEK:


Bid vir mense wat jou te na gekom het, waarvan jy nie hou nie en met wie jy nie regkom nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023