Erediens - 15 September 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 15 September se erediens om 09:30 in die kerk.
Kom geniet 'n heerlike koppie koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 22 September se erediens om 09:30 in die kerk.
Ds Dawid de Wet van Hartenbos neem die diens waar.


DEUROFFER:

Predikante begeleiding Dominees skryf agter hulle naam VDM - Verbi Divini Minister. Hulle is bedienaars van die Goddelike Woord. Oor hulle drumpels stap dié met aansien maar ook dié waarop neergesien word.
Hulle bediening getuig van hartsake en kerksake en ringsake, van hartseer en twyfel en verslaentheid en rou. Hulle tree op as vredemakers en arbiters en fasiliteerders en troos-ters. Op Sondag staan hierdie manne en vroue voor U en sê: "So sê die Here." Deur die taakspan
Predikantebegeleiding, wat deel is van die diensgroep Gemeentebegeleiding, lewer ons Sinode 'n omvattende ondersteunings- en bedieningsprogram aan al die leraars van ons kerk. 'n Program wat daarop fokus om dominees hulle bekwaamhede te laat ontwikkel en persoonsgroei stimuleer maar 'n program wat hulle ook verbonde hou aan hul Bron. U offer vandag ondersteun hierdie program en daarvoor word dankbare erkenning gegee.
Dr. Siegfried Louw


DEUROFFERS

Verlede Sondag het ons by die deure ingesamel vir die CLF.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir Studentebearbeiding.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023