Eredienste - 08 September 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 8 September se twee eredienste: 08:00 in die Kobus Hattingh-saal en om 09:30 in die kerk.
Kom geniet 'n heerlike koppie koffie in die kerksaal na afloop van die erediens.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 15 September se erediens om 09:30 in die kerk.


DEUROFFER: CLF

Die Christelike Lektuur Fonds (CLF) is in 1957 gestig met die doel om die evangelie van Jesus Christus deur middel van Christelike materiaal in Afrikatale, maar ook in Afrikaans en Engels, te versprei en skrywers te bemagtig.
CLF Missie: Die boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare Chrstelike materiaal – gedrukte en elektroniese produkte in 'n verskeidenheid tale met die oog op geloofsvorming en toerusting.
Die lektuur word gratis of uiters bekostigbaar uitgegee, versprei en aan die breër kerk van Christus beskikbaar gemaak. CLF stel pamflette en bedieningsmateriaal in verskeie tale vir bediening in en van gemeentes van die NGK familie en ander kerke beskikbaar.
http://www.clf.co.za


DEUROFFERS

Verlede Sondag het ons by die deure ingesamel vir die Insituut vir Dowes.
Volgende Sondag se Deuroffer is vir Studentebearbeiding.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023