Winterbasaar 2021

Baie dankie vir elkeen wat reeds hulle bydrae vir die basaar inbetaal het.
Vanweë COVID-19 is ons verplig om die Winterbasaar in sy tradisionele vorm te laat vaar. Daaroor is ons baie jammer want ons basaar is bekend onder almal wat van heinde en verre kom as ʼn heerlike kuiergeleentheid. Ons het egter R260 000 begroot as basaarinkomste. Daarom vertrou ons dat die Here op Sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan in. Ons gaan nie van die Dienswerkers verwag om met die Basaarlyste rond te beweeg nie.  Derhalwe gaan ons dit elektronies moet doen.
Let daarop dat ons net kontant en lewende hawe kan ontvang as bydraes omdat daar nie basaartafels met eetgoed ens. gaan wees nie. Die lewende hawe sal verkoop word as inkomste.
Die basaarlyste is reeds elektronies aan die gemeente uitgestuur. Dit kan elektronies aan die kerkkantoor terug gestuur word of by die inry-diens in die kollektesakkie gesit word of deur die week by die kerkkantoor afgegee word. Betalings moet asseblief duidelik gemerk word met “Basaar”.
Indien jy nie ʼn basaar lys ontvang het nie, kan een by die kerkkantoor afgehaal word of kontak Merinda.

Ons vra jou ook om geduldig te wees met ons en asseblief die “kontakinligting” op die vorm ook te voltooi want die basaarlyste is geleentheid waar die kerkkantoor jaarliks almal se kontakinligting kan opdateer.

BAIE DANKIE
Baie dankie aan al die dames wat so hard gewerk het vir die kerrie en rys verkope van Vrydag om fondse in te samel vir die Basaar. Julle bereidwilligheid en moeite word opreg waardeer!
Baie dankie vir Annelie Botha vir die heerlike vetkoeke wat sy verlede Saterdag en Sondag verkoop het om fondse in te samel vir gordyne in die konsistorie. Ons waardeer dit baie!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023