Erediens - 10 April 2022

 

Ons nooi jou uit na ons Inry-erediens Sondag om 08:30 by die dam agter die kerk.
Daar is geen erediens in die Kobus Hattinghsaal nie!
Daar sal heerlike koffie in die buitelug onder die skadunet voor die dam bedien word.
Om 18:00 is daar 'n diens in die kerk vir die begin van ons Groot Lydensweek Meditasiedienste.


DEUROFFER: Jan Kriel Instituut (SINODAAL)

Jan Krielskool (sedert 1937) is die 3de oudste skool vir “kinders met spesiale onderwysbehoeftes”.
Soos met die Dowes en Blindes, het die NG Kerk dit begin, ontwikkel en bestuur. Sedert 1998 (nuwe onderwyswet) is die NG Kerk en haar lidmate se betrokkenheid beperk tot befondsing van verdienstelike kinders en projekte in die skool. Die “ekstra” dienste wat die staat en ouers nie kan bekostig of in stand hou nie, word deur gemeentes en individuele donateursvriende gedra. Dit beloop etlike miljoene per jaar, maar die resultate toon dat dit deur en deur die moeite werd is.

Jan Krielskool is byvoorbeeld:

  • bekroon met die beste “spesiale” skool in Suid-Afrika
  • bekroon met internasionale “blou plaak” status vir die bydra tot onderwys in Suid-Afrika
  • die enigste spesiale skool waar leerders met gestremdhede matriek in Afrikaans kan slaag
  • uiters suksesvol – met 'n slaagsyfer van 96% van Gr R tot Matriek in 2019

Die NG Kerk kan voorwaar trots wees op hierdie baken van Barmhartigheid.
021 903 0434 | instituut@jankriel.co.za | Webwerf: https://jankriel.org.za

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023