OUTENIQUALAND SE WINTERBASAAR

Sedert die uitbreek van die COVID -pandemie, het ons nog nie weer ‘n lekker Winter Vleisbasaar gehou nie. Die leierskap van die gemeente het nog nie ‘n finale besluit geneem oor hoe ons in die toekoms gaan maak met die Winterbasaar nie. Op voetspoor van die afgelope 2 jaar, gaan ons weer volstaan by bydraes in die vorm van kontant of lewende hawe. Ons het R280 000 begroot as basaarinkomste. Ons vertrou dat die Here, so os die afgelope 2 jaar, op sy unieke manier sal voorsien om hierdie inkomste te kan in. Ons gebruik nie meer Dienswerkers om met die Basaarlyste rond te beweeg nie. Ons stuur die basaarlyste elektronies uit. Let daarop dat ons slegs kontant (al die verskillende opsies verskyn in die basaarlys) en lewende hawe kan ontvang as bydraes omdat daar nie basaartafels met eetgoed ens gaan w ees nie.
Indien jy probleme het om dit af te laai, maak gerus by die kerkkantoor ‘n draai om ‘n gedrukte w eergaw e te bekom.
Indien jy ‘n elektroniese oorbetaling maak, merk asb. die betaling duidelik as “BASAAR” met jou w yk of naam/van.
Dankie vir julle goeie gesindheid en liefde vir die Here en sy gemeente!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023