2022-07-31 - 2022-08-06 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Nuwe intrekkers: Mag hulle in ons gemeente U teenwoordigheid ervaar en ons hulle met die liefde van Christus verwelkom.
  2. Diens van Barmhartigheid (Deuroffer). Mag U ons toerus om die nood van ander in ons gemeente en gemeenskap raak te sien en iets daaraan te doen.
  3. Ekonomie van die wêreld: Orals in die wêreld is tekens en waarskuwings van 'n naderende resessie, wat veral arm mense swaar sal tref. Ons bid dat U, U oor die wêreld sal ontferm en ekonomie en leiers sal toerus om die ellende te voorkom.


BAIE DANKIE VIR:

  • Boere wat onder moeilike omstandighede steeds die volk voed en werk skep.
  • Mense wat bereid is om na hawelose mense uit te reik en om te sien.
  • U teenwoordigheid in my lewe en dat ek niks uit eie krag hoef te doen nie. Ons kan in alle omstandighede steeds op U vertrou. Ps. 37:5 “Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.”

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023