12-05-2024 - 18-05-2024 - ONS BID SAAM VIR...

  1. Verkiesing: Bid dat elke geregistreerde kieser sy burgerlike plig sal doen en gaan stem, maar biddend die wil van die Here sal soek in hulle keuse.
  2. Bybelgenootskap (Deuroffer): Seën U asseblief hierdie organisasie se werk wat sorg dat die Bybel vertaal en versprei word.
  3. Moedersdag: Vader ons moeders is vir ons baie belangrik, wil u hulle asseblief lei om hulle gesinne met liefde te versorg en 'n voorbeeld van U liefde en genade te wees.
  4. Pinksterweek: Ons bid vir U seën op die dienste waar die uitstorting van die Heilige Gees herdenk word.
  5. Die gebouramp in George: Ons bid vir vertroosting vir hulle wat geliefdes verloor het en vir die beseerdes in hospitale, maar dank U ook vir almal wat met hierdie groot tragedie hulp verleen het met reddingswerk en vertroosting. Dankie dat U ook daar was.



DANKIE:

  1. Vir moeders wat ons en ons kinders in die verlede met liefde en sorg na U gelei het. Ons eer ook hulle nagedagtenis.
  2. Vir Pinkster: Dat U ons met U Gees salf en seën.
  3. Vir ons vryheid: 2 Kor. 3:17 "..., en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid."

 

TROOS
Ons bid die Here se troos en genade toe vir Theresa Klinck en familie met die afsterwe van Ben!
Ben was vir baie jare ons gebedskoördineerder en die samesteller van die gebedsonderwerpe in die Familienuus en op die Gebed-WhatsApp-groep.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023