Erediens - 2 Junie 2024


Ons nooi jou uit na Sondag 2 Junie se erediens om 09:30 in die kerkgebou.
Sondag se tema fokus steeds op die werksplek met die tema: BEPLANNING: God se sorg en my eie beplanning!
Kom drink heerlike koffie na die diens in die kerksaal.


VOLGENDE SONDAG

Jy word hartlik uitgenooi na Sondag 9 Junie se erediens om 09:30 in die kerk.
Daar sal geen erediens in die Kobus Hattinghsaal wees op 9 Junie nie.


SINODALE DEUROFFER: ARBEIDSBEDIENING

Arbeidsbediening is die diensarm van Christelike kerke wat alle mense in die werkplek landswyd ondersteun – hulle werk dus AANVULLEND tot gemeentebediening en verteenwoordig nie die voorkeure of styl van een spesifieke denominasie nie. Hulle verteenwoordig die hele kerk van Christus en is gerig op die geestelike versorging van mense in hule plekke van werk. Christengelowiges word ondersteun en ‘n vriendskapsevangelisasie word gevolg deur mense te bereik wat nog nooit van die Here gehoor het nie.
Arbeidsbediening se holistiese benadering beteken ook dat hulle mense pastoraal bystaan wat onreg beleef, sukkel om verhoudings te laat versoen of wat hulle werk verloor het. Om te verseker dat die bediening relevant bly, word sake soos werksetiek aangespreek, toerustingsgeleenthede aangebied en nuwe bemagtigingsprojekte aangepak.

Webwerf: http://imsacape.christians.co.za

 

KONINKRYKSTYD

Wanneer die kerkjaar as geheel beskou word, is dit opmerklik dat Koninkrykstyd die grootste deel daarvan beslaan. Koninkrykstyd strek vanjaar oor 26 weke vanaf die dag na Drie-Eenheidsondag tot 21 November met die aanvang van Advent.
In hierdie tyd van die liturgiese jaar dink ons na oor God wat in ons lewe regeer. Hoe kan jy vandag die Here eer vir sy rol in jou lewe? Kies hierdie week vir jou 'n dag om na te dink oor hoe die Here teenwoordig is in jou lewe.
Dink terug aan tye wat die Here jou gedra het en in moeilike tye bygestaan het. Miskien kan jy die geleentheid gebruik om iemand by te staan wat 'n moeilike tyd ervaar.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Eredienste, Kersdienste en Oujaarsdiens - 24, 25, 31 Desember 2023

Eredienste en Vakansieprogram - Desember 2023

Kerssangdiens - 26 November 2023